Temple Church
Die Temple Church ("Tempelkerk") is 'n laat 12de eeuse kerk in die City of London, die historiese middestad van Londen, geleë tussen Fleet Street en die Teemsrivier en naby die Temple-moltreinstasie. Die kerk is oorspronklik deur die Orde van die Tempeliers, die monniksorde wat Christelike pelgrims in die 12de eeu op hul pad na Jerusalem en terug huis toe beskerm het, as hul Engelse hoofkwartier gebou en op 10 Februarie 1185 deur Heraclius, die Latynse Patriarg van Jerusalem, ingewy. Gedurende die regentskap van koning Jan (1199−1216) het dit as koninklike tesourie gedien, onder meer vanweë die Tempelridders se sakebedrywighede as internasionale finansiers.
Read article







